VISITORS TO DATE:    

 


 

Please watch our video on Youtube. Follow the link:

https://www.youtube.com/watch?v=Ji3ifUYZlXA

 

 
 
 
OUR LOGO
 
logo508_75DPI

















 
 
The Snoek Carrier is one of a set of 24 water colours painted about 1850 by an artist at the Cape, known only by his initials "J.W.
The original appeared in "Sketches of various types of the Cape of Good Hope", in London during 1851.
 
 

Weskus Heritage Makietie

Calling all Makietie fans!  

        

     VAN TOEKA TOT NOU                                                         

Die tradisionele Weskus Erfenis makietie vind weer vanjaar plaas, op Saterdag 22 September 2018.     Dis dié geleentheid waar jy die Weskus op sy lekkerste kan ervaar.

Dis 'n dag met  vermaak vir jonk en oud, vol pret, glimlagte en lag afgerond met die pragtige uitsig  op die Bergrivier en Laaiplek hawe.  Die Weskus Erfenis Makietie word weer aangebied op die terrein van die Laaiplek Hotel.  Die tema vir hierdie jaar is “VAN TOEKA TOT NOU”.

Die dag begin om 08:00 met ''n 5 km pretloop deur 'n mooi deel van ons dorp. Skakel Belinda by 084 799 9005 vir meer besonderhede.  

Die stalletjies bied lekker eetgoed soos samoesas, SMOORSNOEK, biltong, lekkers, boerewors rolletjies,  burgers, chips, aan.  Daar word ook die produkte van ons talentvolle Weskus kunsvlyters met speelgoed, allerlei bruikbare items en baie meer aangebied. Vir kunsliefhebbers word die werke van plaaslike kunstenaars in die Waenhuis uitgestal, waar enkele artefakte van die museum ook te sien is..  'n Groep vroue, Vroue van Atlantis, bied 'n interessante program aan,  en om hulle te ervaar moet plek bespreek word. Skakel 082 849 9251 vir meer besonderhede.  Vrydagaand 21 September bied Willie Strohfeldt 'n orreluitvoering in die NG Kerk Laaiplek aan.  'n Sagte kollekte vir die Fondse van SA Visserye Museum sal hier waardeer word.

Keel natmaak, verversings en lekker kos word by Laaiplek Hotel aangebied, terwyl 'n program van top vermaak op en voor die verhoog aangebied word.

Dit sluit in Rieldansers, Velddrif lyndansers, ritmiese Xhosa- dansertjies,  gaskunstenaars wat die gehoor se voete sal laat jeuk.  Verskeie plaaslike sangers tree op . Die gewilde Mej Makietie vind ook weer plaas, asook 'n troeteldierskou en bootritte op die rivier.

Die Lekkerloop roete neem feesgangers op 'n kort staproete, vanaf die feesterrein verby 'n werkende sleephelling, die enigste waar hout “trawlers” nog herstel word, na die hawe, waar demonstrasies  op 'n visskuit besigtig kan word.

Hierdie genotvolle dag word georganiseer deur die SA Visserye Museum in samewerking met Bergrivier Toerisme, ATKV, Laaiplek Hotel en ander rolspelers.  Hierdie jaarlikse herdeking van on kulturele erfenis  word vanjaar vir die agste keer aangebied..

Vriende, familie en nuwe kennisse sal saam hierdie heerlike dag geniet.  Maak seker dat die jaarlikse Weskus Erfenis Makietie op jou dagboek aangeteken word, kom en geniet 'n verskeidenheid kulture, vermaak, stalletjies en die geselligheid van die Weskus.

Hekgeld wat betaalbaar is (R20.00 vir volwassenes en R10,00 per kind), sluit ook 'n besoek aan die SA Visserye Museum in.



 

 

Site Map